Gaan na CenturioNetGaan na BesigheidCenturionGaan na Centurion Sakekamer
Na intreebladsy

Soekenjin vir alle verwante Webwerwe

 

 

Een vlak op in struktuur

Na eerste van bladsye hieronder

Kontakinligting
Vorm:
Subkontrakteurs

U is hier: Portaal -> Agtergrond 

Agtergrond

Inleiding
Behoefte
Benadering
Kundigheid
Gemeenskap en Kleinsake
Fokus op Centurion
Subkontrakteurs en Medewerkers

 

SuproNet is gestig om kleiner organisasies van ‘n eenstopdiens met betrekking tot ontwikkeling, huisves, instandhouding, bywerk en bemarking van hulle Webwerf en Internetteenwoordigheid te voorsien. Terselfdertyd word hulle van raad bedien oor hoe om ten beste van die Internet gebruik te maak.

Behoefte

Die diens is geskep omdat ons noue skakeling met kleiner besighede deur organisasies soos Centurion Sakekamer en Cenbis ons bewus gemaak het van ‘n behoefte. Kleiner besighede ondervind onder andere die volgende probleme met betrekking tot Webwerwe:

  • Hulle is soms onbewus van die voordele wat die Internet vir hulle inhou.
  • Sommige wil graag die Internet benut maar is onseker oor hoe om te werk te gaan en word verwar deur al die verskillende diensverskaffers en alternatiewe wat beskikbaar is. Hulle word gebombardeer met doemvooruitsigte dat hulle sal misluk as hulle nie die Internet benut nie maar weet nie hoe om te werk te gaan nie.
  • Dit lyk soms of dit duur kan wees om ‘n Webwerf te laat ontwikkel en te huisves.
  • Hulle moet soms verskillende diensverskaffer gebruik en vind dit moeilik om die dienste te integreer.
  • Sommige diensverskaffers ignoreer kleiner besighede as potensiële kliënte aangesien dit nie vir hulle “die moeite werd is nie”.
  • Sommige kleiner diensverskaffers lewer soms diens van onbevredigende gehalte.

SuproNet glo dat kleiner besighede ten beste bedien kan word deur ‘n eenstopdiens van hoë gehalte teen mededingende pryse. Ons glo dat ‘n eenvoudige, bekostigbare Webwerf  steeds professioneel en van hoë gehalte moet wees. Die inhoud en funksies van die Webwerf moet doelgemaak word vir die aard en omstandighede van die eienaar en sy teikenmark.
Na bokant van bladsy (inhoudsopgawe)

Benadering

Die diens wat SuproNet lewer is gegrond op ‘n begrip vir die behoeftes en beperkings van die kleiner besigheid en indiepte kennis van die Internet. Hoewel ons opgewonde word oor nuwe tegnologie, gebruik ons dit nie net omdat ons kan nie. Ons glo dat tegnologie gebruik kan word om ‘n behoefte te bevredig of ‘n probleem op te los en soek nie probleme om by die tegnologie (“oplossing”) te pas nie.

Ons is uiters gesteld op gehalte. Hoewel ons graag van subkontrakteurs gebruik maak, doen ons liewer iets self as om minderwaardige gehalte aan ons kliënte te lewer.

Skrywer en Medeskrywer van verskeie Internet en e-Handel Verslae en Artikels

Hoewel ons kundig is oor e-handel en oortuig is dat dit baie voordele inhou, glo ons nie dat dit nodig is vir alle besighede om oor die Internet te verkoop om te kan oorleef nie. Inteendeel, e-handel sal vir baie kleiner besighede groter koste en probleme as voordele inhou. Ons aanvanklike standaard produkreeks sluit dus nie spesifiek e-handeloplossings in nie maar dit kan op aanvraag verskaf word en ons beoog om maniere te ondersoek om dit bekostigbaar en uitvoerbaar te maak vir ons kliënte wat dit wel kan benut.

Na bokant van bladsy (inhoudsopgawe)

Kundigheid

SuproNet is ‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste wat in 1990 tot stand gekom het en sedert 1994 betrokke is in die IT bedryf. Sedert 1996 is Anton Heÿdenrÿch (mede-eienaar en konsultant) aktief betrokke by marknavorsing en konsultasie met betrekking tot die Internet en elektroniese handel in Suid-Afrika. As ontleder was hy betrokke by talle verslae oor die Internet en e-handel en tree ook op as spreker oor die onderwerpe

Anton het ‘n ingenieursagtergrond en het baie ondervinding van projekbestuur. In 1988 behaal hy sy MBL (cum laude) en is dus ook formeel geskool in besigheid.

SUPROKON is ontwikkel uit niks en het die ses jaar tot 2001’n saamgestelde gemiddelde groeikoers van omtrent 60% in omset behaal. Ons verstaan dus die probleme waarmee ‘n nuwe onderneming te kampe het en die omgewing waarbinne kleinsake bedryf word.

Hoewel ons nie voor 2001 ons dienste as ontwerpers van Webwerwe aktief bemark het nie, het ons tog, op versoek, ‘n aantal ontwikkelings gedoen. Voorbeelde van ons webwerwe is te sien by Laerskool Hennopspark, Alternative Structures, SA Thatchers, Cobus Coetzee Consulting en Highveld Thatchers. Die vlagskip van ons suite is te sien by CenturioNet en BesigheidCenturion.

Anton Heÿdenrÿch

Na bokant van bladsy (inhoudsopgawe)

Gemeenskap en Kleinsake

Erelid van Centurion Sakekamer

Deur ons moedermaatskappy SUPROKON Bestuursdienste is SuproNet aktief betrokke in kleinsake en die gemeenskap van Centurion. Die betrokkenheid strek van sewe jaar as lid van die bestuur van Centurion Sakekamer, onder andere as voorsitter, tot stigterslid en (gewese) direkteur van Cenbis, die Centurion Besigheidsondersteuningsentrum. SUPROKON borg en ondersteun reeds vir talle jare die Webwerf van Centurion Sakekamer.

In Oktober 2002 is ons aangewys as Centurion Sakekamer se Beeldbouer van die Jaar, hoofsaaklik weens die werk wat gedoen is via CenturioNet, BesigheidCenturion en die sakekamer se webwerf. Sien foto’s van die geleentheid hier.

Na bokant van bladsy (inhoudsopgawe)

Fokus op Centurion

As inwoners van Centurion en besigheid binne Centurion se grense is ons aanvanklike fokus op die opgewing wat ons ken en verstaan en aan wie dit makliker is om ‘n persoonlike diens te lewer. Dit geskied onder andere deur die toegewyde Webwerwe oor Centurion (CenturioNet) en Centurion se besighede (BesigheidCenturion).

Na bokant van bladsy (inhoudsopgawe)

 

Subkontrakteurs en Medewerkers

SuproNet maak graag van subkontrakteurs gebruik maar dring aan op uitstaande gehalte. Grafiese ontwerpers, kopieskrywers, webontwerpers, programmeerders en bemarkers is welkom om ons te kontak om hulle dienste te bemark. Ons stel veral belang in klein besighede in die Centurion-gebied wat bewys kan lewer van ‘n portefeulje van uitstekende produkte. Indien u u werk onder ons aandag wil bring, voltooi asseblief die vorm.

Ons sal ook graag saamwerk met ander organisasies en besighede wat verwante of aanvullende dienste lewer of wil lewer en nooi graag potensiële vennote en medewerkers uit om met ons te gesels (sien Kontakinligting).

Na bokant van bladsy (inhoudsopgawe)

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

[Portaal]

Een vlak opVorige bladsy op hierdie vlakEerste bladsy in volgende (laer) vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

[Agtergrond] [Produkte en Dienste] [Diensversoek] [Terugvoer] [Voorwaardes]

[Kontakinligting] [Vorm: Subkontrakteurs]

 

 

Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek of gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan SuproNet, ‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
© 2001, 2002, 2003. Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder