Gaan na CenturioNetGaan na BesigheidCenturionGaan na Centurion Sakekamer
Na intreebladsy

Soekenjin vir alle verwante Webwerwe

 

 

Een vlak op in struktuur

Na eerste van bladsye hieronder

U is hier: Portaal -> Voorwaardes 

Voorwaardes

Die volgende voorwaardes is van toepassing, tensy skriftelik anders ooreengekom:

1. Ons maak van Hetzner Africa gebruik vir die huisves van Webwerwe. Tensy u ‘n ander verskaffer wil gebruik, is Hetzner Africa se voorwaardes van toepassing en nie onderhandelbaar nie. Die voorwaardes is gemik daarop om billike gebruik en benutting deur alle gebruikers te probeer verseker en misbruik uit te skakel. Die volgende bladsye bevat die voorwaardes:

Deur ‘n ooreenkoms met SuproNet aan te gaan vir die huisves van u webwerf, aanvaar u Hetzner Africa se voorwaardes onvoorwaardelik.

2. SuproNet onderneem om redelike sorg te dra dat inligting wat u verskaf korrek geplaas word. SuproNet dra agter geen verantwoordelikheid vir enige skade wat u mag lei, direk of gevolglik, weens bona fide foute of inligting wat ter goeder trou deur ons geplaas word nie. U bly verantwoordelik vir die inhoud van u Webwerf en onderneem om:

  • Proewe en geplaasde inligting binne ‘n redelike tyd na te gaan en SuproNet tydig in kennis te stel indien daar foute voorkom.
  • Alle verantwoordlikheid te dra en SuproNet skadeloos te stel ten opsigte van enige eise wat teen u ingestel mag word weens inligting wat op u Webwerf verskyn.

3. Fooie wat betrekking het op die registrasie van en huisves van die Webwerf is betaalbaar voordat registrasie plaasvind. Fooie vir huisvesting is jaarliks vooruitbetaalbaar.

4. Fooie wat betrekking het op die ontwerp en ontwikkeling van die Webwerf is as volg betaalbaar:

  • Ten minste 50% voordat met die ontwerp begin word.
  • Balans binne een week nadat die Webwerf geplaas is.

5. Webwerf sal eers geplaas word nadat u die ontwerp en inhoud goedgekeur het. Dit is u verantwoordelikheid om die inhoud deeglik na te gaan vir korrektheid. Enige foute wat reggestel moet word nadat u die inhoud goedgekeur het, is vir u rekening.

6. Tensy skriftelik anders ooreengekom sal u alle inligting en grafiese elemente wat vir die ontwerp benodig word verskaf in ‘n vorm wat redelikerwys bruikbaar is. Tensy skriftelik (kwotasie) anders ooreengekom sal SuproNet nie self inligting vind of navorsing doen om inligting te bekom vir plasing op u Webwerf nie. Die inligting wat u met die aanvang van die projek verskaf, word as finaal beskou. Enige veranderings wat deur u aangebring word nadat met die ontwerp begin is, sal ingesluit word teen ‘n tarief van R300 per uur (BTW uitgesluit) indien die veranderings aangevra word nadat die oorspronklike inligting reeds verwerk is en/of indien die veranderings die omvang van die werk vergroot.

7. SuproNet se pryse sluit die dienste in soos beskryf. Enige bykomstige dienste mag bykomstige koste vir u inhou.

8. ‘n “Bladsy” (i.t.v. grootte van ‘n Webwerf) verwys na inligting en grafika wat ongeveer 2 tot 3 skerms lank en een skerm breed vertoon op ‘n 14” skerm wat 640 tot 800 “pixels” horisontaal vertoon wanneer dit in ‘n redelike en leesbare lettergrootte vertoon word.

9. Die pryse en kwotasies is gegrond op die veronderstelling dat kliënte en potensiële kliënte SuproNet se kantore besoek indien enige direkte kontak vereis word. Indien SUproNet die kliënt moet besoek vir watter rede ookal, is bykomstige vergoeding van R300 per uur (BTW uitgeluit) betaalbaar.

10. SuproNet behou die reg voor om enige Webwerf of gedeelte daarvan sonder voorafwaarskuwing te verwyder indien:

  • enige van die die verkoopsvoorwaardes nie nagekom word nie of
  • indien enige betalings agterstallig is of
  • indien die Webwerf of die gebruik daarvan volgens SuproNet se oordeel landwette oortree.

Indien die diens ingevolge hierdie bepaling opgeskort word, sal SuproNet die kliënt binne redelike tydperk daarvan verwittig.

Indien die diens ingevolge hierdie bepaling opgeskort word, bly die kliënt steeds vir alle gelde vir die hele tydperk aanspreeklik en alle gelde reeds betaal word aan SuproNet verbeur.

11. SuproNet behou die reg voor om enige Webwerf of gedeelte daarvan na redelike voorafwaarskuwing te verwyder indien dit volgens SuproNet se eie en uitsluitlike oordeel skadelik vir SuproNet se goeie naam is om daarmee geassosieer te word. In so ‘n geval sal SuproNet gelde wat reeds betaal is pro rata tot die tydperk wat nie benut is nie, terugbetaal.

 

Rand - skeiding

Waarheen nou?

 

 

[Portaal]

Een vlak opVorige bladsy op hierdie vlakVolgende bladsy op hierdie vlak

[Agtergrond] [Produkte en Dienste] [Diensversoek] [Terugvoer] [Voorwaardes]

 

 

Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
Met die besoek of gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die Webmeester.

Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan SuproNet, ‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste.
© 2001, 2002, 2003. Alle regte voorbehou.

 

Rand - onder